Routine & Sleep Training For Babies Designed For Happy Families. Lovingly guide your baby in the gentle art of unassisted sleep.
Home

Who is Baby Love?

Contact Us

Benefits of Baby Love

Our Programs

Our Services

Sleep training

Success Stories
Baby Love Nannies
Baby Love Singletons
Baby Love Twins, triplets, quads
Baby Love Toddler Love

Support

Become a Baby Love Consultant

Baby Love Media

Links

Slaapsake

Jacqui Flint, ma en sakevrou van Johannesburg, is die dryfkrag agter die suksesvolle Baby Love-slaapafrigtingsprogram. Ons het gaan kuier.
DEUR SHANDA LUYT


HOE HET JOU PAAIE MET DIÉ VAN BABYLOVE GEKRUIS?
In 2004, toe ons seun, Cameron, agt maande oud was, het hy tot sewe keer per nag wakker geword. Ek en my man, Miles, was totaal en al uitgeput, uitgehonger vir 'n goeie nagrus en erg desperaat! Toe ons dus 'n advertensie van 'n Baby Love-werksessie sien, het ek dadelik geregistreer. Ons het die werksessie in Sandton bygewoon en ek het die Baby Love-program binne sewe dae suksesvol geļmplementeer. Ons was in ekstase! Net daar het ek besluit om 'n konsessie te koop.
HOE HET JY VAN KONSESSIEHOUER NA EIENAAR GEGROEI?
Ek het nog altyd in die korporatiewe wźreld gewerk. Nadat ek die konsessie gekoop het, was my doelwit om uiteindelik te bedank en heeltyds op Baby Love te fokus. Ek het dus naweke en aande gewerk om Baby Love in Gauteng te bemark en konsultasies te doen. Byna twee jaar later, in Januarie 2006, het ek die groot sprong gemaak en bedank, en net meer as 'n jaar later, in Maart 2007, het die vorige eienaar van Baby Love aan my verkoop.
WAT IS DIE GEHEIM VAN JOU SUKSES?
Empatie. Die ouers wat ek bedien voel bemoedig deur die wete dat ek persoonlik slaapgebrek ervaar het en dus baie, baie goed verstaan hoe dit die hele gesin kan raak! Al die simptome gekoppel aan slaapgebrek op ons webblad het ek self ervaar. Ek wil hź ouers moet weet dis normaal as hulle sommige of al dié simptome al ervaar het. Hulle moet weet dit maak nie van hulle slegte ouers nie - dit beteken net dat slaapgebrek hulle begin onderkry. ¬¬¬Die ouers voel ook gerus in die wete dat ek die program self suksesvol toegepas het en dus die uitdagings van slaapafrigting verstaan - en dat al die trane uiteindelik die moeite werd gaan wees.
WATTER INVLOED HET JOU GESIN OP BABY LOVE SE ONTWIKKELING GEHAD?
Wel, dit is danksy Cameron dat ek betrokke geraak het en toe ons dogter, Erin, gebore is, het ek onmiddellik Baby Love toegepas - ek was nie van plan om my vingers twee keer te verbrand nie! Dit was ook danksy Erin dat ek 'n nuwe slaapafrigtings­metode kon bekendstel nadat dit haar van drie maande af al laat deurslaap het. Baby Love het saam met my kinders gegroei en ontwikkel: Dit het uitgebrei na Toddler Love en ek is nou besig om 'n Pre-Teen Love-program aanmekaar te sit, aangesien my kinders nou 11 en nege jaar oud is.
HOE BEHOU JY DIE BALANS TUSSEN SAKEVROU EN MA WEES?
Ek dink ek is baie bevoorreg omdat my onderneming oor ouerskap gaan, iets wat ek daagliks doen. My onderneming groei dus soos my kinders groei. Aan die ander kant het ek meer tyd gehad om op Baby Love te fokus toe my kinders kleiner was. Deesdae eis hulle meer van my tyd met huiswerk en buitemuurse aktiwiteite, en ek kan soms net halfdag werk.
Dis vir my 'n groot uitdaging dat ek nie altyd genoeg ure in die dag het nie. Ek sukkel met die werk-lewe-balans. Wanneer ek gou uitglip om 'n e-pos te beantwoord voel ek skuldig omdat ek meer tyd saam met my kinders moet deurbring, en daar is tye wanneer ek saam met my kinders is dat ek aan werk dink. As 'n mens vir jouself werk, werk jy soveel harder as vir iemand anders, en ek voel dus dikwels skuldig.
JOU GROOTSTE UITDAGING?
Ek dink dit was om Baby Love te bemark. Aan die begin het niemand nog daarvan gehoor nie en baie mense was skepties en selfs krities oor slaapafrigting. Dit het regtig baie deursettingsvermoė, harde werk en geduld geverg om die naam te vestig, maar dit was beslis die moeite werd. Vandag is daar al 10 Baby Love-konsultante oor die land heen, en ek doen selfs Skype-konsul­tasies met oorsese kliėnte.
EN DIE HOOGTEPUNTE? Vir my bly die grootste hoogtepunt wanneer ek 'n telefoonoproep of e-pos van 'n ouer kry wat my vertel hoe Baby Love hul huwelik gered het, of as hulle vertel dat Baby Love hulle gehelp het om hul lewe terug te kry en hoeveel gelukkiger hul baba is. Ek glimlag van oor tot oor as ek dit hoor!



Baba & Kleuter
Baba & Kleuter