Routine & Sleep Training For Babies Designed For Happy Families. Lovingly guide your baby in the gentle art of unassisted sleep.
Home

Who is Baby Love?

Contact Us

Benefits of Baby Love

Our Programs

Our Services

Sleep training

Success Stories
Baby Love Nannies
Baby Love Singletons
Baby Love Twins, triplets, quads
Baby Love Toddler Love

Support

Become a Baby Love Consultant

Baby Love Media

Links

Roetine vir 地 rustige nagrus

Moenie moedeloos wees as jou baba 地 slegte slaper is nie. Met 地 goeie roetine kan jy 地 beter nagrus vir die hele gesin beding.
Deur Louïne van der Vyver

Hoe gaan 地 aandroetine my kind se slaappatroon verbeter?

Kenners is dit eens dat 地 roetine die sleutel tot beter slaap vir jou en jou baba is. Babas gedy wanneer hulle in 地 roetine funksioneer, want hulle weet wat om volgende te verwag. Babas met voorspelbare slaaprituele en -ure slaap makliker, dieper en langer.

Vroeë babaontwikkeling is geskoei op patrone van assosiasie. Wanneer jou baba se brein die eerste stappe van die bedritueel herken, voel hy dat die hele patroon in plek val en dit help dat hy vinniger aan die slaap raak.

Wanneer kan ek met 地 aandroetine begin?

Jy kan dit tussen ses en agt weke begin vestig. Die slaapkonsultant Nicole Johnson van The Baby Sleepsite was al talle Suid-Afrikaanse ma痴 van hulp met haar persoonlike slaapkonsultasies en beveel in haar e-boek 5 Ways to Help Your Child Sleep Through the Night aan dat babas jonger as ses maande tussen 18:00 en 19:00 gaan slaap en ouer babas tot en met 18 maande tussen 19:00 en 20:00.

Wat moet ek by die roetine insluit?

Hoe jy jou roetine aanpak is 地 saak van persoonlike voorkeur. Die sleutelwoord is volharding en 地 kalmerende skedule wat aand na aand dieselfde lyk.

Jou roetine kan in die bad- of familiekamer begin, maar maak seker dat dit in die ruimte eindig waar jou baba slaap.

Dis belangrik dat jou baba van sy slaapruimte hou en dit met aangename ervarings assosieer, sodat dit nie net 地 plek word waar hy gelos word om te slaap nie. Maak slaaptyd 地 ritueel waarna jou baba uitsien.

Jacqui Flint, eienaar en stigter van babylove.co.za - 地 organisasie wat in slaaproetine spesialiseer - sê dis belangrik om te onthou "wat vir jou vriendin, suster of ma gewerk het, werk dalk glad nie vir jou nie. Dis in die haak. Vind wat vir jou werk".

Wat kan ek verwag?

Jy kan jou baba nie dwing om te slaap nie. Jou rol is om die omstandighede te skep wat jou baba vaak kan maak en wat slaap 地 aantreklike opsie maak.

Volgens onlangse navorsing deur die Easy Baby Life-groep slaap net 50 persent van babas op die ouderdom van 地 jaar deur.

Kundiges is dit ook nie eens wanneer (en of) jong babas nagdeur kan slaap sonder om te eet nie.

Sommiges sê hulle behoort deur te slaap wanneer hulle hul geboortegewig verdubbel het, ander sê op ses weke, terwyl sommige pediaters weer van mening is dat babas tot en met nege maande oud soms nog een tot twee voedings per nag nodig het.

Wees ook maar aanpasbaar. Sodra julle albei aan die roetine gewoond is, kan jou baba besluit dis tyd om self haar roetine te verander.

Moets en moenies

Dr. Suzanne Dixon van die Pampersouerskapsinstituut beveel die volgende vir 地 aandroetine aan:

MOETS

- Dink mooi oor jou roetine na. Die eerste probeerslag werk dalk nie op lang termyn nie. Dis nie prakties om elke aand die hele klankbaan van The Little Mermaid deur te sing nie!
- Wees voorspelbaar.
- Hou alle aktiwiteite kalm.
- Wees inskiklik: As jou kind siek is of spanning deurmaak, is dit in orde om van die roetine af te wyk. Moet dit egter nie heeltemal prysgee nie.
- Gee slaaptyd jou onverdeelde aandag.

MOENIES

- Moenie die ritueel te lank uitrek nie. Dit behoort sowat 30-45 minute lank te duur, voeding ingesluit.
- Moenie die ligte aanlos nie. Jou kind moet leer om nie dag en nag te verwar nie en navorsing toon dat dit nadelig vir sy gesondheid is om met 地 helder brandende lig te slaap.
- Moenie jou baba met 'n bottel in die bed sit nie. Melk en sap waaraan deur die nag gesuig word, kan tandbederf veroorsaak, vog kan in die ore opbou en dit kan 'n slaapassosiasie word wat hom deur die nag laat wakker word.
- Moenie jou kind te vinnig vaste kos voer nie. As hy nie daarvoor gereed is nie, gaan dit nie sy slaap bevorder nie.

So werk 'n praktiese aandroetine

17:15 Bad 'n Warm bad is meestal kalmerend. As jou baba dit toelaat, is 'n gepaardgaande babamassering van onskatbare waarde. Vir sommige babas is bad egter óf 'n baie opwindende ervaring óf traumaties. Laat dit dan uit die slaaproetine en spons baba liewer net vinnig af. Trek sy doek en nagklere rustig aan.

17:25 Speel 'n stil speletjie waar baba op die mat sit en rustig word.

17:30 Tyd vir sy melkie Vermy dat hy aan die slaap raak terwyl hy voed.

17:45 Vertel 'n storie, sing of speel 'n musiek-CD Jou stem het 'n baie strelende uitwerking op jou baba. Vertel 'n kort storie in 'n stadige, afgemete stem of sing 'n wiegeliedjie.

Kenners beveel dieselfde storie of liedjie elke aand aan. Jy kan ook kies om hierna 'n CD met Barokmusiek of rustige wiegeliedjies te speel, wat jou baba sal help om stelselmatig van vaakstaat na slaapstaat oor te gaan. Dit doof ook ander geraas uit.

18:00. Sit jou baba in sy bedjie en vryf sy ruggie liggies tot hy amper slaap. Skakel dan die ligte af.

Babas op vaste kos Begin die roetine met sy laaste vastekos-maaltyd om 16:30.

Slegte slapertjie sonder roetine

As jy nog nie self die waarde van 'n roetine ervaar het nie, begin sommer vanaand met ons voorbeeldroetine links. Die slaapkundige Nicole Johnson noem vier ander dinge om in ag te neem:

- Vroeë slaaptyd Wanneer jy oormoeg is produseer jou liggaam hormone om die slaap te beveg. Dit maak dit moeiliker om te ontspan, aan die slaap te raak en 'n diep nagrus te hê.
- Dagslapies Hoe beter hy deur die dag slaap, hoe beter behoort hy die aand te rus. Hy痴 nie oormoeg teen slaaptyd nie en kan makliker tot ruste kom.
- Slaapassosiasies As jou kind nie anders kan as om gewieg te word of aan jou bors of met 'n bottel aan die slaap te raak nie en hy/sy word elke uur of twee deur die nag wakker, is dit tyd om die slaapassosiasie te breek. Vervang dit met 'n ander, meer volhoubare ritueel, soos 'n ligte rugvryf sonder om baba uit sy bedjie te tel.
- Nagvoedings Neem jou kind se liggaam en behoeftes in ag en besluit op geen, een of twee nagvoedings en hou by die tye waarop jy besluit het. Dit sal jou en jou kind se nagte meer voorspelbaar maak.

Ander idees

Laat hom stoom afblaas Soms help dit as jou baba sy opgekropte energie 'n paar minute lank uitspeel en lekker skop voor die slaaptydroetine begin.
Sê goeienag Party babas geniet dit om vir al die huismense, diere en speelgoed nag te sê voor hulle kamer toe gaan.
Sorg dat baba genoeg eet Babas moet leer om bedags te eet en saans te slaap. Sommige peuters en kleuters is so besig om te speel dat hulle vergeet om te eet en word dan dikwels wakker.
Voed jou kind minstens drieuurliks deur die dag en gee hom 'n volle voeding die eerste keer dat hy snags wakker word, anders wil hy dalk heelnag aan jou bors of 'n bottel suig.
Pappatyd Laat baba in Pappa se nek nestel en laat Pa saggies sing of gesels. 'n Laer manstem sus soms beter.

Baba & Kleuter