Routine & Sleep Training For Babies Designed For Happy Families. Lovingly guide your baby in the gentle art of unassisted sleep.
Home

Who is Baby Love?

Contact Us

Benefits of Baby Love

Our Programs

Our Services

Sleep training

Gift vouchers

Baby Love Success Stories

Baby Love Nannies

Baby Love Singletons

Baby Love Twins, triplets, quads

Baby Love Toddler Love

Support

Become a Baby Love Consultant

Media

Links

Success Stories

On the following pages, Baby Love 'graduate' families share their stories of encouragement and success with you. These families have personally experienced the negative implications of sleep deprivation and they have personally implemented our sleep training and are now reaping the benefits of well rested nights which results in a happy family!

Should you wish to be like these families, then simply email and a Baby Love Consultant will contact you shortly.

Should you wish to include your own Baby Love success story on this page, please email your story and pictures to us at , or simply complete the form at the bottom of the page.
Enjoy!

Ben van Biljon (4 months)

Ben van Biljon (4 months)

Ons was in die bevoorregte posisie om tydens 'n voorgeboorte-klas van Baby Love te hore te kom, en het onmiddelik besluit om Marlene te gaan sien. Sy het die beginsels van 'n gesonde, ouderdomstoepaslike voeding- en slaaproetine op 'n insiggewende manier aan ons verduidelik en sy was vreeslik geduldig om al my en die ouma's se vrae te beantwoord. Dit was die beste ding wat ons kon doen! Toe klein Ben gebore is, kon ons hom dus van die begin af op die regte siklusse hou, en vir 'n 'first-time mommy' was dit so 'n riem onder die hart om te weet dat baba genoeg drink en genoeg slaap inkry. Omdat ek ook maar onseker was oor of ek die regte ding doen, was dit vir my lekker om 'n mate van voorspelbaarheid in die siklusse te kon hę, en ons dae daarvolgens kon beplan.

Baba Ben het verseker ook daarby baat gevind want hy was nooit oorgestimuleer of oormoeg nie, en vanaf 3-maande oud slaap hy regdeur die hele aand. Ons familie en vriende kan nie glo hoe soet en vriendelik ons seuna is nie, en sę gereeld hoe jaloers hulle is dat hulle eie (veel ouer) kinders nie ook deur kan slaap nie..dan beveel ek sommer daar & dan Baby Love aan!

Ons het op 2-maande ouderdom besluit om Ben van sy 'dummy' (fopspeen) af te speen, en het dadelik weer met Marlene in kontak getree. Sy het vir ons punt-vir-punt verduidelik wat vir ons voorlę en het deurentyd aan my die nodige ondersteuning gegee terwyl ons mannetjie effe ongelukkig was. Darm was ons redelik maklike en vinnig deur hierdie stadium, want hy was teen die 5de dag sonder sy dummy, heeltemal gewoond daaraan en het dit nog nooit weer gekry nie.

Ben is nou 5 maande oud en hy is die lig in ons lewens! Hy is vreeslik vriendelik, as hy sy ogies oopmaak na 'n slapie sal hy dadelik lag J. Ons het Marlene vir 'n 2de konsultasie gesien , en ons pas steeds die ouderdomstoepaslike beginsels van Baby Love toe, selfs al is Ben so mooi in roetine. Hy bly deur die loop van die week by sy ouma's en hulle vind dit net so maklik om hom te hanteer en by sy siklusse te hou. Baby Love is die beste waarde vir geld want mens ploeg dit terug in 'n gesonde, gelukkige baba wat ook later 'n gelukkige, goed-gebalanseerde kind gaan ontaard omdat die fondasie reeds reg gelę is.

Ek kan dit vir enige nuwe ouer of enige ouer wat bekommerd is oor hul kind se slaap- en voedingsroetine aanbeveel (en ek doen ook!).

Ane Van Biljon

Baby LoveNannies

Baby LoveNewborn to 2 months

Baby Love3 to 4 months

Baby Love5 to 6 months

Baby Love7 to 9 months

Baby Love10 to 12 months

Baby Love13 to 18 months

Baby Love19 to 24 months

Baby LoveTwins, triplets, quads

Baby LoveToddler Love

DO YOU HAVE A BABY LOVE SUCCESS STORY OF YOUR OWN? Please email it to