Routine & Sleep Training For Babies Designed For Happy Families. Lovingly guide your baby in the gentle art of unassisted sleep.
Home

Who is Baby Love?

Contact Us

Benefits of Baby Love

Our Programs

Our Services

Sleep training

Gift vouchers

Baby Love Success Stories

Baby Love Nannies

Baby Love Singletons

Baby Love Twins, triplets, quads

Baby Love Toddler Love

Support

Become a Baby Love Consultant

Media

Links

Success Stories

On the following pages, Baby Love 'graduate' families share their stories of encouragement and success with you. These families have personally experienced the negative implications of sleep deprivation and they have personally implemented our sleep training and are now reaping the benefits of well rested nights which results in a happy family!

Should you wish to be like these families, then simply email and a Baby Love Consultant will contact you shortly.

Should you wish to include your own Baby Love success story on this page, please email your story and pictures to us at , or simply complete the form at the bottom of the page.
Enjoy!

Renier Ischner (9 months)

Renier Ischner (9 months)

Ons was vreeslik opgewonde met ons eersgeborene, Renier se aankoms! Ons het al die boeke gelees, baie ander mamma's as "backups" gehad, en het gedink ons is so reg soos ons kan wees vir hierdie seuntjie... Min het ons geweet hoe moeilik dinge regtig kan raak.

Wanneer ander ouers altyd gepraat het van "pajama drill" of nagte sonder slaap, het ek gewoonlik gedink dat hulle oordryf. Dit kan mos nie so moeilik wees nie! Maar, vinnig-vinnig het ek agtergekom dat ouers tien teen een NOOIT oordryf nie... Het jy geweet dat 'n mens net 10 dae sonder enige slaap kan gaan voordat jy doodgaan?

Nouja, ek het dit vinnig agtergekom. Ek het vir Renier geborsvoed, en hy het dus nooit baie lank op 'n slag geslaap nie. Op 4 maande het hy baie moeiliker begin slaap, maar ek het gedink dit is agv die feit dat hy meer voeding nodig het. Ek het hom dus op 17weke reeds op vaste kossies begin sit (die vroegste toegelate ouderdom hiervoor). Hy het egter nie beter begin slaap nie, maar al slegter!

Op 9 maande het hy letterlik elke halfuur tot 45min wakker geword deur elke aand. In die dag het hy ook nooit langer as 'n halfuur op 'n slag geslaap nie, meestal net 10min. Dit het vir 3 weke so aangegaan, en ek was letterlik 'n zombie. 'n Vriendin het vir my vertel van Baby Love, en ek het besluit om dit te probeer. Op daardie stadium sou ek letterlik enigiets probeer - maar is baie bly dat ek Baby Love gekies het.

Ek het met Marlene gepraat, en ons het 'n Skype-afspraak gereel. Vandat Renier op die sleep training gegaan het, het hy dadelik'n verbetering getoon - selfs op die eerste nag. Gedurende die 3 weke was hy 2 keer siek (eenmaal self mangel-probleme), maar steeds het hy na die 3 weke deurgeslaap en was hy in 'n baie goeie roetine. Op hierdie stadium slaap hy 3 keer 'n dag 1,5uur op 'n slag en deur die nag van 8:30 to 6am! Ek moet se, toe Marlene vir my se dit is hoeveel hy veronderstel is om te slaap het ek prontuit vir haar gelag. Ek het nie gedink dit is moontlik nie!

Sleep Training is verseker nie maklik nie - ek het menigmaal saam met my kind gesit en huil terwyl ek vir hom op die monitor luister. Maar, te danke aan Marlene en Baby Love is ek weer my ou self. Ek voel weer soos 'n mens en kan weer begin om my lewe terug te neem. Ek kan weer oefen en reg eet. Ek kan weer by werk uitkom. Ek kan selfs begin om my gewiggies af te skud waaraan ek net nog nie tyd of krag gehad het om aan aandag te gee nie...

Ek sal dit vir enigiemand aanbeveel, en dit is verseker die beste waarde vir 'n klein bietjie geld wat ek ooit gekry het!!!

Baby LoveNannies

Baby LoveNewborn to 2 months

Baby Love3 to 4 months

Baby Love5 to 6 months

Baby Love7 to 9 months

Baby Love10 to 12 months

Baby Love13 to 18 months

Baby Love19 to 24 months

Baby LoveTwins, triplets, quads

Baby LoveToddler Love

DO YOU HAVE A BABY LOVE SUCCESS STORY OF YOUR OWN? Please email it to